Current time in Vietnam:
Afrikaans

3 Maklike Maniere om ‘n Vietnam Visum te kry

Of dit jou eerste besoek aan ‘n vreemde land is, en of jy gereeld ander lande besoek, die laaste ding waaroor jy jou wil bekommer, is om ‘n visum te kry. Gelukkig is daar nou drie maniere om jou visum te verwerk om Vietnam binne te gaan.

Eerstens kan jy aansoek doen vir jou visum deur die Ambassade van die Sosialistiese Republiek van Vietnam. Hierdie opsie werk goed vir reisigers wat tyd het om te beplan, aangesien hierdie proses ‘n wagtydperk het. Reisigers wat hierdie metode kies, sal vier komponente by die ambassade moet indien, hetsy per hand of per pos.

Die eerste element is ‘n voltooide aansoek, wat jy op Viernam ambassade se webtuiste kan vind. Die vorm moet aanlyn ingevul word, dan uitgedruk en geteken word. Jy moet ook ‘n paspoortfoto by hierdie dokument aanheg. Die aanlyn vorm is hoogs gedetailleerd, en daar is ‘n tydlimiet vir die voltooiing daarvan, so maak seker dat jy 15 minute ononderbroke tyd het om dit te voltooi.

Die tweede komponent wat jy by die ambassade moet inhandig is jou oorspronklike paspoort, wat ten minste vir een maand voor jou vertrek na Vietnam moet geldig wees.

Die derde deel van die aansoekproses is natuurlik die betaling van fooie. Hierdie moet met geldorder of kassierstjek betaal word as jy per pos aansoek doen, maar jy kan ‘n kredietkaart gebruik as jy in persoon aansoek doen.

Die laaste komponent wat jy by die ambassade sal moet indien, is ‘n gefrankeerde koevert. As jy in persoon aansoek doen, kan jy hierdie stap oorslaan.

As jy ‘n eenvoudiger manier soek om jou visum te kry om Vietnam te besoek, is daar nog twee ander opsies. Vroeg in 2017 het die Vietnamese Immigrasie Department begin om aansoeke te aanvaar vir e-visums vir enkelbesoeke vir nie langer as 30 dae nie. Die proses vereis ‘n digitale paspoortfoto en jou oorspronklike paspoort. Hierdie keuse vir ‘n visum is die maklikste vir internet-vaardige reisigers wat ‘n reis beplan wat nie verleng sal raak nie.

Die derde en laaste metode om jou visum te verwerk is om dit te doen wanneer jy in Vietnam arriveer. Hoewel dit dalk as die mees logiese keuse vir laat beplanners is, is vooraf beplanning nodig. Om hierdie metode suksesvol te gebruik sal jy ‘n visum goedkeuringsbrief van die Immigrasie Department van Vietnam moet kry; alhoewel, as jy bereid is om dit te doen, sal jy nie aanlyn aansoek hoef te doen en wag dat die ambassade dit verwerk nie. Die “Visum By Aankoms” metode bied ook buigsaamheid vir die lengte van jou besoek en hoeveelheid aansoeke, wat kenmerke is wat jy nodig kan kry.

Watter metode jy ook al kies om jou visum te kry om Vietnam te besoek, daar is drie belangrike aspekte oor elkeen van die maniere wat jy moet onthou:

  • Dit sal beplanning verg. Jou visum is nie iets wat jy kan bekostig om oor te sien nie, so dit help nie om uit te stel nie.
  • Jy het ‘n onlangse paspoortfoto nodig. As jy nie seker is hoe jy jou visum wil verwerk nie, is jou beste opsie om ‘n harde kopie sowel as digitale foto’s tot jou beskikking te hê.
  • Elke proses vereis ‘n geldige oorspronklike paspoort.

Onthou, deeglike beplanning is die sleutel tot suksesvolle en stresvrye reis. Deur te kyk na watter metode jou behoeftes die beste pas, is jy spoedig op pad na pragtige Vietnam!

YOU MIGHT BE INTERESTED

Pragtig regdeur die jaar, is Vietnam veral gewild in Julie en Augustus, wanneer kushotelle vol bespreek is en tot 50% hoër tariewe vra. Vlugte na Vietnam kan baie duurder wees.  …

Visit this link on mobile
Risky Free:
We charge service fee when your visa application is processed successfully.
Hassle-Free:
No passport send-off. No embassy queuing.
Fast:
Within 48 hours processing time.
Accessible:
100% online. Send and receive by email.
APPLY FOR VISA ON ARRIVAL VIETNAM
VietnamImmigration.com is a commercial website providing service for visa Vietnam and charge service fee. We are neither government website nor affiliated with embassy therefore our fee is higher than official fee from government.