Current time in Vietnam:
Afrikaans

Vietnam: ‘n Bekostigbare, Genotvolle Bestemming

Pragtig regdeur die jaar, is Vietnam veral gewild in Julie en Augustus, wanneer kushotelle vol bespreek is en tot 50% hoër tariewe vra. Vlugte na Vietnam kan baie duurder wees.  Teen druktyd kan jy van Los Angeles na Ho Chi Minh Stad vir minder as $700 vlieg (retoer; kort stop tussen-in, gewoonlik in Tokyo of Hong Kong) op jou keuse van verskeie hoof lugrederye.

Binne Vietnam kan jy reis in lugverkoelde treine. Vlugte is vinniger en word soms aangebied vir onder USD $100 — soms selfs minder as jy vooraf bespreek. Vir kort of langer rite is daar toerbus stasies wat gemaklike ritte verkoop teen ‘n prys wat kompeterend is met plaaslike busdienste.  In die stad is taxi-ritte goedkoop en gerieflik. Of maak dinge maklik en huur ‘n motor en bestuurder soos vele ander toeriste.

Jy kan gerieflike hotelkamers kry vir tussen USD $50–80 per nag. Gratis Wi-Fi is standaard. Geniet ‘n masseersessie vir onder $20 by een van vele wonderlike spas. Eet in ‘n restaurant vir rondom $10, of probeer die selfs goedkoper straatkos, soos heerlike pho of bahn mi.

In Versoeking? Stadsavonture en Asemrowende Prag Wat vir Jou

Saigon, of Ho Chi Minh Stad, sal heel waarskynlik jou aankomspunt wees. Dit beskik oor die bekende Ben Thanh mark. Vra vir aanwysings by jou hotel voordat jy afsit na die mark toe, sodat jy darem ‘n basiese idee het van watter pryse om oor te onderhandel as jy iets spesiaal soek. Die land se hoofstad, Hanoi, is nog ‘n energieke stad, bekend vir die sjarme van die Old Quarter, die museums en die heiligdomme. Suid-wes van Hanoi is ‘n Nasionale Park, Cuc Phuong, tuiste van langurs, civets en luiperde.

Die asemrowende Hang Son Doong, moontlik die grootste toeganklike grot in die wêreld, kan verken word by Phong Nha-Ke Bang Nasionale Park, terwyl die historiese prag van Hoi An nog ‘n gewilde attraksie is – ‘n pragtige stapdorpie wat kleremakers, al fresco kafees en ‘n mooi uitsig op die rivier.

En oorweeg ‘n boottoer op die Mekong Delta en sy drywende markte. Verwonder jou aan die ingewikkeld-ontwerpte pagodas. Die kusoord van Nha Trang is ‘n mekka vir skubaduikers, en die rys-terrasse van die Muong Hoa Vallei is ‘n moet-sien. Ons kan jou meer wenke gee – afhangend van jou belangstellings en begroting.

Laat Ons Jou Help Met Jou Visum na Vietnam

Wat is nodig om Vietnam te besoek? Eerstens, jy het nie in-entings nodig nie. Wat jy nodig het, is ‘n paspoort wat vir nog ses maande geldig is, en ten minste een blank bladsy vir jou toegangstempel. Jy het ook ‘n visum nodig.

Vietnam bemagtig sommige agentskappe – insluitend ons s’n – om visum by aankoms te reël. Dit maak dat jy nie die ambassade hoef te besoek nie. Jy hoef nie enige dokumente in te stuur nie, en jy kan aansoek doen om vir tot een maand, drie maande, ses of twaalf maande te bly met enkel of meer aansoeke. Hierdie eenvoudige metode behels ‘n veilige aanlyn aansoek met ‘n redelike diensfooi via ‘n betalingsisteem wat jy reeds ken en gebruik. Jou goedkeuringsbrief sal aan jou gestuur word via e-pos binne drie werksdae (of kies sneldiens vir vinniger prosessering). Jy kan jou visum by die internasionale lughawe optel wanneer jy daar aankom. Jy bring twee foto’s, jou uitgangs- en aankomsvorm, asook ‘n fooi saam vir jou visumstempel by die lughawe. Ons kan jou help om hierdie opsie te hersien om te verseker dat dit aan jou behoeftes voldoen.

Laastens, burgers van die Verenigde State en 79 ander lande kwalifiseer om aanlyn aansoek te doen deur Vietnam se immigrasie webwerf, vir ‘n enkel-ingangs e-visum vir plesierreise van 30 dae of minder. Normaalweg word ‘n e-visum binne drie werksdae uitgereik nadat jy jou aansoek en fooi ingedien het. Jy kan jou visum uitdruk en by die lughawe in Vietnam toon. Ons kan help om die stappe van die e-visum aansoek na te gaan om uit te vind of dit die beste opsie vir jou is.

Vietnam verwelkom toeriste en sal graag vir jou ‘n visum uitreik. En ons diens – ‘n plaaslike kennis- en ondersteuningstelsel – kan jou deur die proses help. Ons sal jou op hoogte hou, wat jou in staat sal stel om die status van jou visumprosessering te monitor.

So, laat ons toe om jou visum en besoek te fassiliteer. Ons strewe daarna om jou verwagtinge vir uitstaande kliëntediens te oorskry.

YOU MIGHT BE INTERESTED

Of dit jou eerste besoek aan ‘n vreemde land is, en of jy gereeld ander lande besoek, die laaste ding waaroor jy jou wil bekommer, is om ‘n visum te …

Visit this link on mobile
Risky Free:
We charge service fee when your visa application is processed successfully.
Hassle-Free:
No passport send-off. No embassy queuing.
Fast:
Within 48 hours processing time.
Accessible:
100% online. Send and receive by email.
APPLY FOR VISA ON ARRIVAL VIETNAM
VietnamImmigration.com is a commercial website providing service for visa Vietnam and charge service fee. We are neither government website nor affiliated with embassy therefore our fee is higher than official fee from government.