Current time in Vietnam:
Afrikaans

Reiswenk – Hoe om ‘n Visum te kry om Vietnam te Besoek

As jy op soek is na ‘n reisbestemming wat iets meer bied as die gewone, moet jy dalk Vietnam oorweeg. Die land Vietnam sal jou vooroordele uitdaag, jou sintuie streel en jou huis toe stuur met ‘n ware sin van avontuur en vervulling.

Dit is reeds dekades sedert ‘n diverse oorlog die land byna in twee geskeur het. Vandag is Vietnam versoen en pragtig en word besoekers van regoor die wêreld verwelkom. Of jy nou ‘n soldaat is wat gereed is om gelukkiger herinneringe in hierdie spesiale plek te kom maak, ‘n jongmens wat ware reisavontuur soek of ‘n familie wat ‘n opvoedkundige en vermaaklike plek soek om te besoek, Vietnam het baie om te bied. Van eeue-oue Boeddhistiese tempels tot 21ste-eeuse wolkekrabbers, daar is werklik iets vir elkeen.

Wat Jy Moet Weet

Die land Vietnam het baie om te bied aan sy besoekers, maar dit is belangrik dat reisigers voorbereid moet wees voordat hulle hul vlugte en hotelkamers bespreek. Indien jy na Vietnam reis, sal jy ‘n visum moet kry en moet verstaan dat die visumproses krities is vir die sukses van jou oorsese avontuur.

Daar is drie verskillende maniere om ‘n visum te kry wanneer jy na Vietnam reis, en elke metode het sy eie unieke voordele en vereistes. Voordat jy iets doen, is dit belangrik dat jy die visumvereistes van jou bestemming navors en vasstel hoe jy jou reisdokumente gaan verkry.

Metode #1 – Doen Aansoek vir ‘n Visum By Aankoms

As jy na Vietnam reis, kan jy ‘n visum by aankoms verkry. Dit kan ‘n gerieflike opsie wees, veral vir reisigers wat gedruk is vir tyd of vir diegene wat vir besigheid reis.

As jy kies om jou Vietnam reisigersvisum by aankoms in die land te kry, is dit belangrik om jou huiswerk te doen en seker te maak dat jy aan al die vereistes voldoen voordat jy jou huis verlaat. Die laaste ding wat jy wil hê, is om ‘n visum by die lughawe geweier word net omdat jy ‘n klein, maar kritieke besonderheid misgekyk het.

Die Visum By Aankoms, of VBA, program word hanteer deur die Vietnamese Immigrasie Department, en dit verskaf ‘n gemaklike opsie vir reisigers van regoor die wêreld. Maar al word die visum by aankoms uitgereik, moet besoekers aan die land ‘n visum goedkeuringsbrief hê wat uitgereik is deur die Immigrasie Department van Vietnam. Dit verskil van hoe ander lande hul VBA program hanteer, en besoekers moet daarop let.

Die Visum By Aankoms (VBA) opsie laat internasionale besoekers toe om hul visums op te tel sodra hulle by die lughawe aankom. As jy van hierdie opsie gebruik wil maak, sal jy aanlyn aansoek moet doen of saam met jou reisagent moet werk om ‘n visum goedkeuringsbrief vanaf die Vietnamese Immigrasie Department te kry.

Sodra jy hierdie brief het, sal jy dit moet toon ten einde die visum op jou paspoort gestempel te kry. Sodra jou visum op jou paspoort gestempel is, kan jy jou Vietnamese vakansie begin.

Die Visum By Aankoms (VBA) opsie bied baie voordele, soos die feit dat jy nie in die rye by die ambassade hoef te staan nie en die kans om jou vakansie sonder oponthoud te begin. Jy kan die 1 maand, 3 maande, 6 maande of 12 maande opsie kies.

Metode #2 – Doen Aansoek vir ‘n E-Visum

Die E-Visum metode bied ‘n alternatief tot die tradisionele papier-gebaseerde visum wat deur die ambassades van Vietnam uitgereik word. In plaas daarvan om vir ‘n gedrukte visum by die ambassade aansoek te doen, kan reisigers nou vir ‘n elektroniese visum aansoek doen, amptelik die E-VISUM genoem.

Die E-VISA program word geadministreer deur die Vietnamese Immigrasie Department, en dit het ‘n paar baie spesifieke vereistes. Dit is belangrik om jou huiswerk te doen en te verstaan wat jy nodig het voordat jy aanmeld en die E-Visum proses begin.

Net soos sy papier-gebaseerde eweknieë is die E-Visum van Vietnam ‘n amptelike dokument. Maar anders as daardie papier-gebaseerde visums, word die E-Visum aanlyn uitgereik. Tydens die aansoekproses kan besoekers die lande kies wat hulle wil besoek. Sodra die E-Visum uitgereik is, word reisigers na Vietnam toegelaat om in die land te bly vir ‘n maksimum van 30 dae op ‘n enkel aansoek.

Die E-Visum program is beperk tot sekere lande, so dit is belangrik om op die webblad seker te maak dat jou land van oorsprong gedek is. Die goeie nuus is dat die program baie omvattend is, en baie besoekers van die Verenigde State kom in aanmerking vir die elektroniese visum.

Sodra hulle die E-Visum ontvang het, kan besoekers aan Vietnam die land deur 28 verskillende besoekpunte binnekom en verlaat. Dit is baie gerieflik en kan die mees gejaagde vakansie makliker en minder stresvol maak.

Die E-Visum program het ‘n paar voordele, waaronder die gemak vanselfsprekend is. In plaas daarvan om by die lughawe aan te kom en te hoop dat al jou dokumente reg is, kan jy gerus wees met die wete dat jy ‘n elektroniese visum het. Wanneer jy by die lughawe aankom, kan jou Vietnamese avontuur dadelik begin in plaas daarvan dat jy tyd moet afstaan om jou reisdokumente in die hande te kry.

Metode #3 – Doen Aansoek vir ‘n Visum by die Ambassade

Die derde en laaste manier om ‘n visum te kry om na Vietnam te reis, is deur die ambassade. Hierdie metode kan ‘n goeie keuse wees as jy naby ‘n ambassade bly, so maak seker waar dit is voordat jy jou vakansie beplan.

Maak seker jy het al jou papierwerk agtermekaar voordat jy na die ambassade toe gaan. Dit sal die proses vinniger maak en verhoed at jy foute maak wat die goedkeuring van jou reisdokumente vertraag.

Wanneer jy by die ambassade aankom, sal jy jou visum-aansoek moet inhandig, tesame met ander vereiste dokumente. Die ambassade personeel kan jou help om vas te stel wat presies jy nodig het, en hulle kan ook min of meer aandui hoe lank dit sal neem vir jou visum om goedgekeur te word.

Jy sal ook ‘n fooi moet betaal vir die prosessering van die visum, so maak seker jy het die nodige finansies voordat jy die huis verlaat. Jy wil nie hê jou visum-aansoek moet vertraag word net omdat jy vergeet het om genoeg geld saam te vat nie.

Maak nie saak hoe jy jou reisdokumente kry nie, ‘n reis na Vietnam kan ‘n opwindende en verrykende ervaring wees. Of jy die opwinding en pret van die groot stad verkies, of die stil eensaamheid van ‘n klein-dorpie lewe, jy kan dit vind in Vietnam. Noudat jy weet hoe om jou visum te bekom, kan jy jou volgende reisavontuur begin beplan.

YOU MIGHT BE INTERESTED

Jy is so te sê gereed vir jou reis na Vietnam. Jy dagdroom oor prentjies van terrasse vol ryslande van Sapa en die toringhange van Halongbaai. Jy is vol afwagting …

Visit this link on mobile
Risky Free:
We charge service fee when your visa application is processed successfully.
Hassle-Free:
No passport send-off. No embassy queuing.
Fast:
Within 48 hours processing time.
Accessible:
100% online. Send and receive by email.
APPLY FOR VISA ON ARRIVAL VIETNAM
VietnamImmigration.com is a commercial website providing service for visa Vietnam and charge service fee. We are neither government website nor affiliated with embassy therefore our fee is higher than official fee from government.