Current time in Vietnam:
Afrikaans

Drie maklike maniere om ‘n visum vir Vietnam te kry

Dit is ‘n bekende feit dat jy ‘n visum moet hê om by baie Asiatese lande in te gaan, en Vietnam is geen uitsondering nie. Sonder ‘n behoorlike visum sal jy heel moontlik weggewys word by die lughawe, of selfs toegang geweier word op ‘n vlug wat jy bespreek het om na hierdie land te reis. Dit kan ‘n baie duur en tydrowende fout wees. Dit is waarom dit so belangrik is om seker te maak dat al jou visum papierwerk reg is voordat jou reis aanbreek. Gelukkig is daar meer as een oplossing wat jou hiermee kan help, en ons het riglyne saamgestel van drie maklike maniere om ‘n visum te kry vir jou reis na Vietnam.

Opsie een: Doen Aansoek vir ‘n Visum Vietnam By Aankoms

Die gewildste manier om ‘n visum in die verlede te kry, was om ‘n sogenaamde “Visum By Aankoms”, of VBA in kort, te kry. Dit klink na ‘n eenvoudige proses van aansoek doen sodra jy in Vietnam land, maar jy moet egter steeds vooraf hiervoor aansoek doen. Jy moet vir ‘n reisagentskap of maatskappy skryf wat jou toegang tot Vietnam sal borg. Hierdie brief sal jou naam bevat en gewoonlik ook ander mense se name wat op dieselfde tyd goedgekeur is. Dit moet ook gestempel wees met ‘n rooi seël onderaan om te bevestig dat dit goedgekeur is deur die betrokke regeringsamptenaar. Jy moet spesifiseer vir hoe lank jy beplan om in Vietnam te bly, soos 30 dae, 3 maande, 6 maande, of 12 maande, en of die visum vir ‘n enkel of meer aansoeke is.

Jy moet onthou om hierdie brief saam met jou te neem as jy aan boord gaan na Vietnam. Wanneer jy by die Vietnamese lughawe aankom, moet jy na ‘n spesifieke landingstoonbank gaan waar jou Vietnamese Visum By Aankoms vir jou sal wag.  Wys jou Goedkeuringsbrief vir die immigrasiebeamptes daar en dan sal jy jou stempelfooi betaal en jou visum ontvang. Hierdie metode werk deur die land se vier hoof internasionale lughawens.

Opsie twee: Doen Aansoek vir ‘n E-Visum Vietnam

As die skryf van ‘n brief en weer ontvangs van ‘n brief te stadig en oudtyds vir jou is, dan is jy nie alleen nie! Besoekers aan Vietnam wend hul al hoe meer na ‘n nuwe, aanlyn aansoekproses vir ‘n e-visum Vietnam wat jou in staat stel om jou besonderhede sorgvuldig op ‘n spesiale vorm in te vul. Hierdie metode is voordelig want dit word by 28 verskillende toegangspunte in Vietnam aanvaar, insluitend hawens en grensposte, sowel as lughawens. Jy kan aansoek doen vanuit die gerief van jou huis, en daar is geen oponthoud in die stuur van jou inligting na die regte kantoor in Vietnam nie. Die nadeel van hierdie metode is dat dit jou vir ‘n maksimum van 30 dae dek en slegs burgers van 46 geselekteerde lande word aanvaar.

Die proses is taamlik eenvoudig vir enige iemand wat gewoond is daaraan om besigheidstransaksies aanlyn te voltooi. Jy moet ‘n digitale kopie van jou paspoort oplaai en sekere besonderhede oor jouself en jou reis invul. ‘n Foto word ook vereis. Daar is slegs een waarskuwing: maak seker jou paspoort is geldig vir ten minste nog ses maande vandat jy Vietnam binnegaan. As jy al hierdie korrek uitvoer, word ‘n E-Visum Vietnam aan jou uitgereik en kan jy jou reis na hierdie fassinerende land voortsit.

Opsie Drie: Doen Aansoek vir ‘n Visum by jou naaste Vietnam Ambassade

Hierdie proses behels die verkryging van relevante vorms om by jou naaste Vietnamese Ambassade in te vul. Ons raai jou aan om die ambassade te kontak aangaande hul besigheidsure en ander regulasies, aangesien dit van plek tot plek kan verskil. Jy sal gewoonlik sekere dokumente moet toon, soos jou voltooide aansoekvorm, jou paspoort en ‘n foto. Die ambassade personeel sal die prosedure voltooi en óf die visum vir jou pos, óf laat weet wanneer jy dit kan gaan afhaal. Dit is ‘n wonderlike opsie as jy in ‘n groot stad naby ‘n Vietnamese Ambassade woon.

Of jy die Vietnamese Visum By Aankoms of enige van die ander metodes verkies, dit maak sin om vooruit te beplan en seker te maak dat alles lank voor jou reis ingehandig is. So verseker jy dat jou toegang tot Vietnam ‘n super maklike eerste tree van ‘n wonderlike reis is.

YOU MIGHT BE INTERESTED

Kies asseblief een van die volgende opsies vir jou visum.

Visit this link on mobile
Risky Free:
We charge service fee when your visa application is processed successfully.
Hassle-Free:
No passport send-off. No embassy queuing.
Fast:
Within 48 hours processing time.
Accessible:
100% online. Send and receive by email.
APPLY FOR VISA ON ARRIVAL VIETNAM
VietnamImmigration.com is a commercial website providing service for visa Vietnam and charge service fee. We are neither government website nor affiliated with embassy therefore our fee is higher than official fee from government.